SLOW PITCH
Wat en vir Wie
Slow Pitch is die antwoord vir al die Tuisskoolouers wat nie net langs die veld wil staan nie, maar ook graag self wil speel. Hoёrskoolkinders (word 14 in nuwe jaar en ouer) kan ook inskryf om die kinders in die af-seisoen aan die gang te hou. Dit is ‘n informele, nie-kompeterende (meestal!!), en baie sosiale geleentheid. Die spelreёls is min of meer soos Fastpitch sagtebal wat die kinders speel, met hier en daar klein verskille. Die hoofonderskeid is dat die “pitcher” die bal stadig en met ‘n hoё boog gooi na die kolwer. ‘n Span bestaan uit 5 mans en 5 vrouens. Ons het dus al die dames baie nodig.
Waar & Wanneer
Die Slow Pitch liga begin Saterdag, middel Oktober en duur tot middel Maart. Ons speel op Saterdae, gewoonlik 2 wedstryde, by Crafford stadion in Soutpansbergweg, Rietendale. Almal hoef nie te commit vir elke Saterdag nie – ons probeer geleentheid gee vir spelers om te kies hoeveel dae in die maand hulle wil speel. Daar was laasjaar 5 ander spanne teen wie ons gespeel het. Die liga duur tot Maart maand, maar ons speel nie in Desember en tot middel Januarie nie. Oefening is informeel en nie ‘n voorvereiste om te kan saamspeel nie. Ons oefen op Maandaemiddae 17h00 tot ons moeg is of dit te donker raak by Valhalla Baseball Club waar die kinders oefen.
Koste & Benodighede
Ons speel met enige swart of donker broek, die 3-kleur spanhemde (R150), rooi-en-swart kouse (volw) (R40), en die spanpet (R60). Tekkies is voldoende. Elke speler moet sy eie hemp aankoop. Inskrywingsfooie beloop R100 per volwassene vir die seisoen. Inbetalings kan elektronies in die Homespunrekening gemaak word. Die Hoerskool kinders kan met hulle skoleligahemde en kouse speel. Die aankoop van eie toerusting is opsioneel. Homespun het handskoene wat by wedstryde en oefeninge geleen kan word.
Inskrywing
Indien u belangstel om saam met 'n "great" groep mense die opwindende sportsoort te beoefen, vul asb die spelersregistrasie vorm hieronder in. Inskrywings asb voor einde September.